Geldsake En Die Huwelik Werkswinkel

Map Unavailable

Date/Time
Date(s) - June 4, 2022
9:00 am - 11:00 am

Location
Estelle Marais Coaching Institute

Categories


Geldsake en die huwelik kan vinnig in ‘n tameletjie verander! Geldprobleme is een van die TOP 3 oorsake van konflik in die huwelik en lei dikwels selfs tot egskeidings. Gelukkig is daar egter baie wat paartjies kan doen om te voorkom dat geld probleme veroorsaak. Indien geldsake op ‘n gedagtige manier benader word, bied dit die ideale geleentheid vir (toekomstige) egpare om mekaar beter te leer ken, en ‘n hegter band te vorm. Geld is noodsaaklik vir oorlewing en daarom veroorsaak dit dikwels brandpunte en raak dit diep onderliggende vrese aan waarvan ons meestal onbewus is. Geldprobleme kan regtig nooit deur geld opgelos word nie, want dit gaan nie regtig oor geld nie. Dit is baie maklik om te dink meer geld ons probleme sal oplos, maar die onderliggende oorsaak van die probleem moet egter geïdentifiseer en aangespreek word. Maak nou gebruik van hierdie geleentheid om enige kwessies aan te spreek voordat dit in probleme ontaard.

Wat jy in Geldsake en die Huwelik Werkswinkel sal leer:

  • Jou unieke geldtipe en waar jou geldpatrone vandaan kom;
  • Hoe jou en jou (toekomstige) lewensmaat se geldtipes mekaar kan aanvul en uitdaag;
  • Wat die een vraag is wat alles in jou lewe bepaal;
  • Strategieë vir finansiële sukses;
  • Praktiese stappe wat jy kan neem om vandag en vir die toekoms finansiële sukses vir jou en jou gesin te verseker.

Woon hierdie GRATIS werkswinkel by waar ons met julle strategieë deel wat julle vandag kan begin implementeer om te verseker dat jul huwelik rotsvas staan te midde van finansiële uitdagings!

Bookings

Bookings are closed for this event.

ALL SERVICES ARE AVAILABLE ONLINE WITH IMMEDIATE ACCESS

X